From Wikipedia, the free encyclopedia
Die groototter (Aonyx capensis) is 'n otterspesie wat slegs in Afrika voorkom, van die weste in Senegal tot die ooste in Ethiopië en dan suidwaarts tot in Suid-Afrika. Die groototter is die tweede grootste varswaterotterspesie en word naby permanente strome, kuile en ander waterliggame in grasvlaktes en beboste laeveldareas gevind.
Groototter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Aonyx |
Spesie: | A. capensis |
Binomiale naam | |
Aonyx capensis (Schinz, 1821) | |
Verspreiding |
Groototters het gedeeltelik gewebde en kloulose voete. 'n Volwasse groototter het 'n gemiddelde massa van 10 kg en 'n gemiddelde lengte van 135 cm.
Die groototter se dieet bestaan hoofsaaklik uit krappe, vis, paddas, voëls en voëleiers. Die diere sal in die water duik om waterlewende prooi te vang en dan terug na die oewer swem om dit daar te eet. Hulle het sensitiewe snorbaarde, wat die bewegings van potensiële prooi in die water help opspoor.
Die wyfie is nege weke dragtig, waarna sy die lewe skenk aan twee tot vyf kleintjies. 'n Groototter het 'n moontlike lewensduur van 16 jaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.