Grootfontein is 'n dorp in die noorde van Namibië (Otjozondjupa). Die dorp het 23 800 inwoners. Die burgemeester is Emma Taukuheke.
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Namibië. Vir ander gelyknamige stede en dorpe, sien Grootfontein (dubbelsinnig).
Grootfontein | |
---|---|
Stad | |
Ingang na Grootfontein | |
Leuse(s): Fons Vitæ | |
Koördinate: 19°33′57″S 18°06′12″O | |
Land | Namibië |
Streek | Otjozondjupa |
Stigting | 1885-1886 |
Regering | |
• Burgemeester | Emma Taukuheke[1] |
Hoogte | 1 460 m (4 790 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 23 793 |
Skakelkodes | 067 |
Webwerf | Munisipaliteit van Grootfontein |
Geografie en klimaat
Die dorp Grootfontein lê 1 460 meter bo seevlak in die Otavi-streek. Tesame met Otavi en Tsumeb, is dit die bes benutte deel tussen die Otaviberge. Die gemiddelde jaarlikse reënval beloop minstens 550 millimeter, wat heelwat hoër is as die gemiddeld vir Namibië en dus uitgebreide gewaslandbou moontlik maak.
Besienswaardighede in die omgewing is die Draak-se-asem-grot en die 60 ton Hoba-meteoriet.
Onderwys en godsdiens
Die dorp het in 2010 'n Afrikaanse privaat skool gekry met die stigting van die Grootfontein Agri College wat benewens landbouvakke ook gewone onderrig van gr. 1 tot gr. 12 gebied het.[2] Dié skool het einde 2021 gesluit. Die Deutscher Schulverein Grootfontein bedryf sedert 1996 'n privaat Duitse laerskool met sowat 17 leerlinge.[3] In Januarie 2021 het die privaat skool Karstveld Academy met klasse van gr. RRR tot gr. 12 geopen in splinternuwe geboue.
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk se NG gemeente Grootfontein is in 1945 hier gestig, twee jaar ná die plaaslike Gereformeerde kerk. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (DELK) se plaaslike gemeente is reeds in 1910 tydens die Duitse koloniale bewind gestig.
Bekende boorlinge
- Behati Prinsloo, 'n internasionale model.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.