From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië (Grieks: Πατριαρχεῖον Ἀντιοχείας, Patriarcheîon Antiocheías; Arabies: بطريركية أنطاكية وسائر المشرق للروم الأرثوذكس), ook bekend as die Grieks-Ortodokse Patriargaat van Antiogië en die Hele Ooste, is ’n outokefale, administratief selfregerende Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Antiogië en die Hele Ooste.
Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië | ||
’n Grieks-Ortodokse kerk in Hama, Sirië. | ||
Moederkerk | Patriargaat van Antiogië | |
Stigtingsjaar | 1724 | |
Stigter | Petrus | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Johannes X | |
Hoof se titel | Patriarg van Antiogië en die Hele Ooste | |
Setel | Damaskus, Sirië | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Arabies, Grieks, Turks, Engels | |
Kalender | Hersiene Juliaanse kalender | |
Gelowiges | 500 000 | |
Webtuiste | ||
http://antiochpat.org |
Die Kerk beskou homself as die opvolger van die Christelike gemeenskap in Antiogië wat deur die apostel Petrus gestig is. Dit is een van verskeie kerke wat daarop aanspraak maak dat dit die amptelike kerk van die antieke bisdom van Petrus en Paulus is. Die ander is die Siries-Ortodokse Kerk van Antiogië (Oriëntaal-Ortodoks), asook die Siries-Katolieke Kerk, die Maronitiese Kerk en die Melkities-Grieks-Katolieke Kerk. Laasgenoemde drie kerke is almal Oosters-Katolieke kerke, maar hulle erken mekaar se patriargate.
Die setel van die Oosters-Ortodokse Kerk was voorheen Antiogië (nou in Turkye), maar is in die 14de eeu na Damaskus in die hedendaagse Sirië geskuif. Die Kerk se tradisionele gebied sluit in Sirië, Libanon, Iran, Irak, Koeweit en dele van Turkye. Die Kerk van Siprus het ook voorheen onder die Kerk geval, totdat dit in 431 outokefaal geword het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.