From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Greytown-tolbos (Leucadendron elimense subsp. nova) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron elimense, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Riviersonderendberge suid van Greytown. Hierdie struik is eers in 2002 ontdek.[1]
Greytown-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. elimense |
Subspesie: | L. e. subsp. nova |
Trinomiale naam | |
Leucadendron elimense subsp. nova E.Phillips |
Die struik word tot 2 m hoog en vrek nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die struik blom van September tot Oktober. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val grond toe. Die sade kan moontlik deur knaagdiere versamel word, meer navorsing word benodig. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in skalie op suidelike hellings op 300 m.
In Engels staan dit as die Greytown conebush bekend.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.