Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gloucester (uitgespreek/ˈɡlɒstər/) is 'n katedraalstad en hoofstad van Gloucestershire in die Suidweste van Engeland. Gloucester lê aan die Severnrivier, tussen die Cotswolds in die ooste en die Forest of Dean in die weste; dit is 31 km van Monmouth, 53 km van Bristol, en 27 km oos van die grens met Wallis geleë. Die stad het 'n bevolking van ongeveer 132 000, insluitend voorstedelike gebiede. Dit is 'n hawe wat via die Gloucester- en Sharpness-kanaal met die Severn-riviermond verbind is.
Gloucester | |
---|---|
Uitsig oor Gloucester | |
Koördinate: 51°52′12″N 2°14′24″W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Engeland |
Graafskap | Gloucestershire |
Bevolking | |
• Totaal | 121 900 |
Gloucester is deur die Romeine gestig en het in 97 nC 'n belangrike stad en kolonie, Colonia Glevum Nervensis onder keiser Nerva geword.
Die stad se eerste handves is in 1155 deur Henry II toegestaan. In 1216 is Henry III, wat slegs nege jaar oud was, met 'n vergulde ysterring in die Chapter House van Gloucester Cathedral gekroon. Gloucester se betekenis in die Middeleeue word onderstreep deur die feit dat dit 'n aantal kloosterinrigtings gehad het, insluitend St Peter's Abbey, wat in 679 gestig is (later Gloucester-Cathedral); die nabygeleë St Oswald's Priory, gestig in die 880's; en Llanthony Secunda Priory, gestig in 1136. Die stad is ook die plek van die beleg van Gloucester in 1643, waartydens die stad uitgehou het teen Royalistiese magte in die Eerste Engelse Burgeroorlog.[1]
'n Groot trekpleister van die stad is die Gloucester-katedraal, wat die begraafplaas is van koning Edward II en Walter de Lacy; die katedraal verskyn ook in tonele uit Harry Potter-films. Ander kenmerke van belang sluit in die museum en skool vir kuns en wetenskap, die voormalige distriksgevangenis (op die terrein van 'n Angelsaksiese en Normandiese kasteel), die Shire Hall en die Whitefield-gedenkkerk. 'n Park in die suide van die stad bevat 'n spa, agv 'n fontein wat in 1814 ontdek is.
Ekonomies word die stad oorheers deur die diensbedrywe en het sterk finansiële, navorsings-, verspreidings- en ligte nywerheidsektore. Histories was dit prominent in die lugvaartbedryf.[2][3][4]
In 1926 het die Gloucestershire Aircraft Company by Brockworth sy naam verander na die Gloster Aircraft Company omdat internasionale klante beweer het dat die naam Gloucestershire te moeilik was om te spel. ’n Beeldhouwerk in die middestad vier Gloucester se lugvaartgeskiedenis en sy betrokkenheid by die straalmotor.
Gloucester was een van die gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 2015.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.