From Wikipedia, the free encyclopedia
Die glomeromycota is 'n filum binne die koninkryk swamme met ongeveer 200 lewende spesies.[3] Lede van die filum glomeromycota staan bekend as glomeromisete. Hierdie filum omsluit arbuskule mikorisas ('n vertake wortelswam) en ektomikorisas (waar die swam 'n laag vorm op die plantwortel).[4] Hierdie filum is in 1998 as 'n afsonderlike klas swamme voorgestel, maar in 2001 is dit as 'n filum binne die swamkoninkryk erken.[5]
Glomeromycota | |
---|---|
Gigaspora margarita saam met Lotus corniculatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Fungi |
Divisie: | Glomeromycota |
Subdivisie: | Glomeromycotina C.Walker & A.Schuessler (2001)[1] |
Klas: | Glomeromycetes Caval.-Sm. (1998)[2] |
Ordes | |
|
Glomeromisete is swamme wat mikorisa-assosiasies met plante vorm.[3] Mikorisa-assosiasies behels die oordrag van voedingstowwe tussen die swam en die gasheerplant.[3] Hierdie oordrag geskied deur ingewikkelde, vertakte, mikroskopiese strukture wat arbuskule (wat “dwergbome” beteken) genoem word.[3] Hierdie arbuskule ontwikkel binne die lewende wortelselle van die plant.[3]
Die mikorisa-assosiase is verpligtend vir die swam en dus kan die swam nie in isolasie van sy gasheerplant gekweek word nie.[3] Hierdie soort swamme is belangrike lede van plante se mikrobiome en bevorder ’n plant se toegang tot voedingstowwe in die grond en water.[4]
Geosiphon pyriforme is die enigste voorbeeld van nie-mikorisale spesies glomeromisete.[4] Dit produseer opgeblase blaasselle wat endosimbiotiese stikstofbindende sianobakterieë bevat.[4] Daar word bespiegel dat Geosiphon 'n lid van 'n oergroep binne die filum is waaruit mikorisale spesies ontwikkel het.[4]
Glomeromycota word verdeel in drie klasse: glomeromisete, archaeosporomisete en paraglomeromisete.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.