From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant is die vierde jongste van die 11 gemeentes in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria. In dié klassis was dit einde 2014 die derde grootste gemeente met 462 belydende en 91 dooplidmate, vergeleke met 681 en 132 einde 2001. Die sieletal het dus binne die eerste 13 jaar van die 21ste eeu met amper ’n derde afgeneem.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant | ||
Sluit in | Alphen Park Ashlea Gardens Constantiapark Faerie Glen (nie uitbreidings) Hazelwood Lynnwood Glen Lynnwood Park Maroelana Menlyn Newlands Waterkloof Glen | |
Klassis | Oostelike Pretoria | |
Huidige predikant(e) | Hardus Lee | |
Belydende lidmate | 377 | |
Dooplidmate | 85 | |
Adres | Koelmanweg 168 Ashlea Gardens Pretoria | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 3 November 1974 | |
Afgestig van | Pretoria-Brooklyn | |
Eerste predikant | A. Le Roux du Plooy (1975–1986) |
Die gegoede voorstede en woonbuurte binne die gemeente se grense is onder meer Alphen Park, Ashlea Gardens, Constantiapark, Faerie Glen (sonder sy uitbreidings), Hazelwood, Lynnwood Glen, Lynnwood Park, Menlyn, Newlands en Waterkloof Glen.
Pretoria-Alkantrant het op 3 November 1974 uit die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn afgestig. As bruidskat het die nuwe gemeente twee erwe in die woonbuurt Ashlea Gardens ontvang wat geskenk is deur Harm Oost en die familie Koelman. Oudl. Koelman was juis die eerste lidmaat wat uit die kerk begrawe is en die straat waarin die kerk opgerig is, is dan ook na hom genoem. Eers is eredienste in skoolsale gehou en in April 1978 het die kerkraad ’n tender vir die oprigting van die kerk aanvaar.
Daar was geen sprake van simboliek in die plan, wat ontwerp is deur die firma Hartman, Van der Walt en Vermooten, nie. Dit bied sitplek aan sowat 500 kerkgangers, maar wanneer die konsistorie se skuifdeure oopgemaak word, is daar plek vir nog 80. Daar was voorheen ’n skaapkraal op wat die kerkperseel geword het, iets wat voordelig was vir die ontwikkeling van die tuin.
Ds. A. Le R. du Plooy het die kerkgebou se hoeksteen op 23 September 1978 gelê en sewe maande later kon die gebou in gebruik geneem word. Ná aanbouing kon die vergrote saal-konsistorie-kompleks op 30 Junie 1991 ingewy word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.