Gerda Steyn

Suid-Afrikaanse vroue ultra maraton atleet From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Gerda Steyn (gebore 3 Maart 1990) is 'n Suid-Afrikaanse vrouemaraton- en ultramaratonatleet. Sy het die op-Comrades in 2019 in 'n nuwe rekordtyd van 5:58:53 gewen, die eerste vrou ooit wat onder ses uur kon aanteken in die opwedloop.

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...

Haar ouers is Pieter en Trudie Steyn, sy het 'n suster, Estie, en 'n broer, Stefan. Gerda het op 'n plaas in die omgewing van Bothaville grootgeword en in 2008 haar matriek aan die Hoërskool Bothaville behaal. Daarna het sy haar as 'n bourekenaar bekwaam aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2014 het sy weens werk na Doebai verhuis, waar sy by 'n hardloopklub aangesluit het. Sy het haar puik talent vir hardloop hier ontdek.

Sy het ook die Twee Oseane-maraton in 2019 in 'n tyd van 3:31:28 gewen. Haar beste tyd oor die standaardmaraton is 2:27:48, wat sy tydens die New York-maraton in 2019 opgestel het.

Op 11 April 2021 verbeter sy die 25-jaar oue Suid-Afrikaanse rekord vir die standaardmaraton na 2:25:28 tydens 'n wedloop in Siena, Italië.[1]

Remove ads

Prestasies

Meer inligting Jaar, Wedren ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads