Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Generaal Georg Meiring (* 18 Oktober 1939 – † 3 September 2024) was 'n senior Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder.[1][2] Na hy 'n MSc-graad in fisika aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat behaal het, het hy in 1963 as 'n seinbeampte by die Suid-Afrikaanse Leër aangesluit. In 1974 is hy as die direkteur van die sein-afdeling (DSigs) van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel.[3]
Georg Meiring | |
---|---|
Generaal Meiring | |
Geboortedatum | 18 Oktober 1939 |
Geboorteplek | Ladybrand, Oranje-Vrystaat |
Sterfdatum | 3 September 2024 (op 84) |
Sterfplek | Pretoria |
Lojaliteit | Suid-Afrika |
Diens/Tak | Suid-Afrikaanse Weermag Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag |
Jare in diens | 1963-1994 1994-1998 |
Rang | Generaal |
Veldslae/oorloë | Suid-Afrikaanse Grensoorlog |
Toekennings | Orde van die Ster Suiderkruis-dekorasie Suiderkruismedalje Militêre Merietemedalje |
Hy het van 1982 tot 1983 as adjunkhoof van die leër gedien en van 1983 tot 1987 as die hoof van die Suidwes-Afrika Gebiedsmag. Hy was later hoof van die Verre Noord-Bevel, weer adjunkhoof van die leër, hoof van die leër van 1990 tot 1993, die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag van 1993 tot 1994, en die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van 1994 tot 1998.
Meiring ontvang in 1998 die Suid-Afrikaanse Orde van die Ster (goud).[4] Hy het ook die orde van "Cloud and Banner" 4de klas van Taiwan ontvang.[5]
Op 5 Februarie 1998 oorhandig Meiring in sy kapasiteit as hoof van Militêre Inligting 'n verslag aan president Nelson Mandela oor 'n organisasie genaamd die "Front African People's Liberation Army". Hierdie verslag impliseer verskeie van die hooggeplaastes in die regering van sameswering tot 'n staatsgreep. Volgens die verslag sou die president en regters vermoor word, waarna die Parlement en uitsaaistasies beset sou word en verdere chaos gesaai sou word. Later, nadat dit ondersoek is, blyk dit dat die verslag foutief was of moontlik toegesmeer is.[6]
Meiring sterf op 3 September 2024 in Pretoria op die ouderdom van 84.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.