Geordin Hill-Lewis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Geordin Hill-Lewis
Remove ads

Geordin Hill-Lewis (gebore 31 Desember 1986) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat as burgemeester van die Stad Kaapstad verkies is op 18 November 2021. Hy dien ook sedert November 2023 as die adjunkleier van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap. Hill-Lewis was vanaf 2011 tot 2021 'n DA-lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Hy het as Adjunk-Skaduminister van Staatsdiens en Administrasie, Skadu-Adjunkminister van Handel en Nywerheid, Skaduminister van Handel en Nywerheid en laastens as Skaduminister van Finansies in die DA-skadukabinet gedien.

Kitsfeite Vise, Voorafgegaan deur ...
Remove ads

Biografie

Hill-Lewis is in 1986 in Plettenbergbaai gebore. Sy gesin het na Kaapstad verhuis toe hy 'n jong seun was.[1] Hy is deur 'n enkel ma grootgemaak wat as 'n verpleegster gewerk het.[2] Hy het aan Hoërskool Edgemead gematrikuleer en daarna by die Universiteit van Kaapstad gestudeer waarvan hy gegradueer het met 'n honneursgraad in politiek, filosofie en ekonomie. Hy het later 'n meestersgraad in ekonomiese beleid aan die Universiteit van London behaal.[3]

Remove ads

Politieke loopbaan

Hill-Lewis het tydens sy hoërskooljare polities aktief geraak. Tydens sy studentejare by die Universiteit van Kaapstad het hy die Demokratiese Alliansie Studente-organisasie (DASO) gestig. Hy het later as die as personeelhoof in die kantoor van voormalige Wes-Kaapse premier Helen Zille gewerk.

Parlementslid

In Augustus 2011 is Hill-Lewis gekies om Willem Doman se setel in die Nasionale Vergadering te vul.[4] Hy was net vier-en-twintig jaar en sewe maande oud toe hy die amp aanvaar het; hy het dus die jongste LP in die 4de Parlement (2009–2014) geraak.[5] Hy is daarna deur die DA parlementêre leier Athol Trollip as adjunk-skaduminister van staatsdiens en administrasie aangewys.[6]

In Februarie 2012 het nuutverkose DA parlementêre leier Lindiwe Mazibuko as skadu-adjunkminister van handel en nywerheid aangewys.[7] Na die 2014-verkiesing is Hill-Lewis deur Mmusi Maimane bevorder tot skaduminister van handel en nywerheid.[8] Hy is in Junie 2017 as die personeelhoof in Maimane se kantoor aangestel.[9]

Hill-Lewis is na die 2019-verkiesing as skaduminister van finansies aangewys.[10] In Desember 2020 is hy deur nuutverkose DA John Steenhuisen in die amp heraangewys.[11] Hill-Lewis het op 9 November 2021 uit die Nasionale Vergadering bedank ter voorbereiding van sy skuif na die Kaapse stadsraad.[12]

Burgemeester van Kaapstad

Op 18 Augustus 2023 het DA leier John Steenhuisen vir Hill-Lewis as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Stad Kaapstad vir die plaaslike verkiesing op 1 November 2021 aangekondig.[13][14] Die DA het hul meerderheid op die Kaapse Stadsraad in die verkiesing behou en hy is op 18 November 2021 deur die stadsraad as burgemeester verkies.[15]

Verwysings

Notas

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads