Ruimtetuig en ruimtevlug From Wikipedia, the free encyclopedia
Gemini 11 (amptelik Gemini XI)[1] was die negende bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program. Dit was die sewentiende bemande Amerikaanse ruimtevlug en die 25ste bemande ruimtevlug van alle tye, insluitend die twee vlugte van die X-15 bo die Kármán-lyn. Die bemanning was Pete Conrad en Richard F. Gordon. Hulle is die eerste sending wat na lansering direk met 'n Agena-teikentuig gedok het, dit het 1 uur 34 minute na lansering gebeur. Hulle het toe die Agena se enjin gebruik om 'n rekordhoë-apside wentelbaan te bereik. Hulle het ook 'n klein kunsmatige swaartekragveld geskep deur die twee ruimtetuie te laat tol. Die twee was verbind met 'n koord. Richard Gordon het ook twee ruimtewandelings onderneem; hy het 2 uur en 41 minute buite die tuig deurgebring.
Posisie | Ruimteman | |
---|---|---|
Bevelvoerder | Pete Conrad Tweede ruimtevlug | |
Vlieënier | Richard F. Gordon Eerste ruimtevlug |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.