Gelada

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gelada
Remove ads

Gelada (Theropithecus gelada) is ’n primaat in die geslag Geladas (Theropithecus), wat baie na bobbejane lyk. Die mees uitstaande kenmerk van die geladas is die rooi, haarlose vlek op hul bors.

Thumb
'n Gelada in sy natuurlike habitat.
Thumb
Geladas wei in die Simiengebergte.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die gelada word sowat 70 tot 74 cm lank. Hul hoofvoedsel is gras, die enigste primaatsoort wat van gras leef. Geladas hou in groepe met aan die hoof daarvan ’n dominante mannetjie wat waak oor sy harem en nageslag. Mannetjies wat ’n trop oorneem, bring die kleintjies van sy voorganger om die lewe. Wyfies wat nog dragtig is van die vorige leier, kan hierdie lot vryspring deur spontaan ’n miskraam te kry, die sogenaamde Bruce-effek.

Geladas kom uitsluitlik voor in die Ethiopiese Hoogland. Hul is vredeliewend en “praat” deurlopend met mekaar.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads