Garonne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Garonne ([ga.ˈʁɔn̪] in Standaardfrans, Garona in Oksitaans, Katalaans en Spaans) is 'n rivier wat naby die bergpiek Aneto in die Katalaanse gedeelte van die Pireneë-bergreeks ontspring, enkele kilometer deur Spanje en daarna vir die grootste deel van sy rivierloop van 647 km deur Suidwes-Frankryk vloei voordat dit in die Gironde, 'n uitgestrekte rivierdelta naby Bordeaux, met 'n ander rivier, die Dordogne, verenig en in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Garonne | |
---|---|
Die Garonne in Bordeaux | |
Die Garonne se rivierloop | |
Oorsprong | Aneto-bergpiek, Val d'Aran, Katalaanse Pireneë |
Monding | Gironde-rivierdelta naby Bordeaux, Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Spanje, Frankryk |
Lengte | 647 km (505 myl) |
Oorspronghoogte | 3404 m |
Mondinghoogte | 0-3 m |
Gemiddelde afloop | 650 m³/s (Bec d'Ambès, Gironde) |
Stroomgebiedopp. | 55 000 km² |
Die rivier het sy naam aan drie Franse départements verleen - Haute-Garonne, Lot-et-Garonne en Tarn-et-Garonne. Die grootste nedersettings, wat langs die Garonne geleë is, is Bordeaux en Toulouse. Die Garonne is die belangrikste rivier in Suidwes-Frankryk, maar nie bevaarbaar nie. 'n Ou en min gebruikte kanaal loop tussen Toulouse en Vastets langs die rivier. 'n Tweede historiese kanaal, die Canal du Midi, loop vanaf Toulouse en verbind die Garonne met die Middellandse See.
In die antieke tydperk, toe die rivier in Latyns as Garumna (so in die werke van Gaius Julius Caesar) en Garunna bekend gestaan het (afgelei van 'n plaaslike Keltiese stam, die Garumni of Garunni), het die Garonne die grens tussen Akwitanië en die res van Gallië gevorm. Tans vorm die rivier die noordelike grens van die historiese Gascogne-streek.
Remove ads
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Remove ads