From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Sagittae (afgekort as γ Sge) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Pyl (Sagitta). Dit is ’n enkelster[9] wat teen ’n skynbare magnitude van 3,47[5] met die blote oog sigbaar is. Volgens parallaksmetings is dit sowat 258 ligjare van die Son af. Dit beweeg nader aan ons teen ’n radiale snelheid van -34 km/s.[10]
Gamma Sagittae
| ||||
Die ligging van Gamma Sagittae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Pyl | |||
Spektraaltipe | M0 III[1][2][3] | |||
Soort | Rooireus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 58m 45.42863s[4] | |||
Deklinasie | +19° 29′ 31.7281″[4] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,47[5] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,11[6] | |||
B-V-kleurindeks | +1,57[5] | |||
U-B-kleurindeks | +1,93[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,37[7] | |||
Radius (R☉) | 55,13±3,29[8] | |||
Ouderdom (jaar) | 2,35 miljard[2] | |||
Temperatuur (K) | 3 862±40[2] | |||
Afstand (ligjaar) | 258 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,14[8] | |||
Ander name | ||||
12 Sagittae, BD+19° 4229 FK5 752, HD 189319, HIP 98337, HR 7635, SAO 105500, GC 27672, PPM 137344 | ||||
|
Dit is ’n geëvolueerde rooireus met ’n sterreklassifikasie van M0 III.[11] Dit is sowat 2,35 miljard jaar oud,[2] en het ’n massa van sowat 1,37 keer dié van die Son[7] en ’n radius van sowat 55 keer die Son s’n.[8] Sy ligsterkte is omtrent 562 keer dié van die Son[8] en sy effektiewe temperatuur is 3 862 K.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.