Gallies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gallies

Die Galliese taal is een van vier oorgelewerde Keltiese tale van die Europese vasteland. Danksy 'n groter aantal oorspronklike bronne, wat bewaar gebly het, en Asterix, die gewilde Franse reeks van strokiesverhale, is dit ook die bekendste. Met die geleidelike Romanisering van Gallië het die Galliese taal uiteindelik uitgesterf. Die heilige Gregorius van Tours berig in die 6de eeu dat 'n aantal mense in sy gebied die Galliese taal nog magtig was.

Kitsfeite Taalkodes ...
Gallies
Gepraat in:  Frankryk 
Gebied: Gallië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Kelties
  Vasteland-Kelties
   Gallies 
Skrifstelsel: Oud-Italiese alfabet
Latynse alfabet
Griekse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:  
Thumb
Sluit

Bronne en taalgebied

Thumb
'n Detail van die kalender van Coligny

Gallies was die taal van 'n aantal Keltiese volke en stamme in Gallië (die huidige Frankryk), Noord-Italië, Switserland en moontlik ook Suidwes-Duitsland, wat deur die Romeine Galli genoem is. Die oudste Galliese bronne dateer uit die 4de eeu v.C. Aangesien die Kelte nie hul eie skrif ontwikkel het nie, is oorspronklike bronne nogal skaars. 'n Aantal tekste is egter in die Griekse en Latynse alfabette geskryf.

Die oorspronklike bronne bestaan onder meer uit inskrifte, wat soms tweetalig Gallies-Latyns in steentafels gebeitel of op stukkies van aardewerk geskryf is, 'n aantal sogenaamde vloekleie, wat van lood gemaak is en die beroemde kalender van Coligny. Alhoewel hierdie tekste taalkundiges in staat stel om die Galliese taal enigsins te rekonstrueer, sal die bronne weens die gebrek aan verbuigde werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en ander belangrike woorde en woordsoorte moontlik vir altyd net 'n fragmentariese indruk van Gallies kan gee.

Taalkundige kenmerke

Die belangrikheid van Gallies vir die historiese taalwetenskap resulteer veral uit die woorduitgange, wat Keltiese tale soos Gallies byna onveranderd uit die Indo-Europese oertaal oorgeërf het. Daar is ook 'n aantal strukturele ooreenkomste met ander antieke tale soos Latyn.

Gallies behoort tot die sogenaamde P-groep van die Keltiese tale en is nou verwant met die Britanniese groep van Kelties, wat op die eilande van Noordwes-Europa gepraat word.

Voorbeeld van 'n Galliese teks

Meer inligting Afrikaans ...
Gallies Afrikaans
Segomaros Villoneos toutius namausatis eioru Belesamin sosin nemeton. Segomaros, die seun van Villonos (of Villu), burger (of stamhoof) van Nemausus (Nîmes), het hierdie heiligdom vir die godin Belesama geskenk.
Sluit

Vergelyking met ander Keltiese tale

Thumb
Galliese teks, geskrewe in die Griekse alfabet. Gevind by Nîmes, vandag in die Calcet-museum by Avignon
Meer inligting Bretons, Iers ...
GalliesBretonsIersWalliesAfrikaans
biccos bihan beacc bychan klein
bitu bed bith byd wêreld
maros meur mor mawr groot
marvos marv marbh marw dood
nimbos nenv neamh nef hemel
tav tud tuath tud nasie
Sluit

Bronne

  • J. Degavre, Lexique gaulois (recueil de mots attestés, transmis ou restitués et de leurs interprétations. Mémoires de la Société belge d' études celtiques, n° 9), Brussel, 1998.
  • X. Delamarre, Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental, Parys, 2003.
  • P-Y. Lambert, La langue gauloise. Description linguistique, commentaire d'inscriptions choisies, Parys, 2002².
  • M. Lejeune (ed.), Recueil des inscriptions galloises, vol. I: Textes gallo-grecs, Parys, 1985.

Eksterne skakels


Meer inligting Eiland-Keltiese tale, Goidelies: ...
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Kelties
Eiland-Keltiese tale
Goidelies: Iers-Gaelies | Skots-Gaelies (SkotlandKanada) | Manx-Gaelies | Galweegse-Gaelies 
Britonies: Wallies | Kornies | Bretons | Cumbries † | Piekties 
Vasteland-Keltiese tale
Vasteland-Keltiese tale: Gallies †: | Leponties † | Galaties 
Keltiberies 
Gemengde Tale
Gemengde Tale: Shelta | Bungee 
Uitgestorwe
Sluit

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.