stringagtige strukture wat die grense vorm tussen groot leemtes in die heelal From Wikipedia, the free encyclopedia
Galaktiese filamente (ook genoem superswermkomplekse, groot mure of groot aantrekkers)[1][2] is die grootste bekende strukture in die waarneembare heelal. Hulle is massiewe, stringagtige formasies met ’n tipiese lengte van 50 tot 80 megaparsek wat die grense skep tussen groot leemtes in die heelal.[3] Filamente bestaan uit sterrestelsels wat deur swaartekrag gebind word; dele waar ’n groot aantal stelsels baie na aan mekaar lê (in kosmiese terme) word superswerms genoem.
Die ontdekking van strukture groter as superswerms het in die 1980's begin. In 1987 het die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Sterrekunde-instituut waargeneem wat hy die "Pisces-Cetus-superswermkompleks" genoem het. In 1989 is die Groot Muur ontdek,[4] gevolg deur die Groot Muur van Sloan in 2003.[5] Op 11 Januarie 2013 het navorsers onder leiding van Roger Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire die ontdekking aangekondig van ’n groot kwasargroep, die U1.27, wat voorheen ontdekte filamante verdwerg het met sy grootte.[6] In November 2013 het sterrekundiges danksy gammaflitse die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, ’n moontlike enorme filament, ontdek. As dit bestaan, sal dit meer as 10 miljard ligjare lank wees.[7][8][9]
Drie soorte galaktiese filamente word onderskei:
Hul lang en kort as is min of meer ewe lank.
Dié soort galaktiese filamente se lang as is aansienlik langer as die kort as.
Dit is van die grootste strukture bekend in die heelal.[23]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.