From Wikipedia, the free encyclopedia
François Hollande (Frans: [fʁɑ̃swa ɔlɑ̃d] ; gebore 12 Augustus 1954[1] in Rouen, département Seine-Maritime) is 'n Franse politikus wat op 6 Mei as kandidaat van die Sosialistiese Party van Frankryk (Parti Socialiste, PS) en die Radikale Linksparty (Parti radical de gauche, PRG) die Franse presidentsverkiesing in 2012 gewen het.
François Hollande | |
François Hollande in 2017 | |
Ampstermyn 15 Mei 2012 – 14 Mei 2017 | |
Eerste minister | Jean-Marc Ayrault (2012–2014) Manuel Valls (2014–2016) Bernard Cazeneuve (2016–2017) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nicolas Sarkozy |
Opgevolg deur | Emmanuel Macron |
Mede-Prins van Andorra | |
Ampstermyn 15 Mei 2012 – 14 Mei 2017 | |
Eerste minister | Antoni Martí |
Voorafgegaan deur | Nicolas Sarkozy |
Opgevolg deur | Emmanuel Macron |
President van die Algemene Raad van Corrèze | |
Ampstermyn 20 Maart 2008 – 15 Mei 2012 | |
Voorafgegaan deur | Jean-Pierre Dupont |
Opgevolg deur | Gérard Bonnet |
Eerste Sekretaris van die Sosialistiese Party | |
Ampstermyn 27 November 1997 – 27 November 2008 | |
Voorafgegaan deur | Lionel Jospin |
Opgevolg deur | Martine Aubry |
Burgemeester van Tulle | |
Ampstermyn 17 Maart 2001 – 17 Maart 2008 | |
Voorafgegaan deur | Raymond-Max Aubert |
Opgevolg deur | Bernard Combes |
Adjunk van die Nasionale Vergadering vir Corrèze se 1ste Kiesafdeling | |
Ampstermyn 12 Junie 1997 – 15 Mei 2012 | |
Voorafgegaan deur | Raymond-Max Aubert |
Opgevolg deur | Sophie Dessus |
Ampstermyn 12 Junie 1988 – 17 Mei 1993 | |
Voorafgegaan deur | Proporsionele verteenwoordiging |
Opgevolg deur | Raymond-Max Aubert |
Lid van die Europese Parlement vir Frankryk | |
Ampstermyn 20 Julie 1999 – 17 Desember 1999 | |
Voorafgegaan deur | Proporsionele verteenwoordiging |
Opgevolg deur | Anne Ferreira |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 12 Augustus 1954 Rouen, Frankryk |
Politieke party | Sosialistiese Party |
Eggenoot/-note | Ségolène Royal (1978–2007) Valérie Trierweiler (2007–2014) Julie Gayet (2014–hede) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | HEC Paris Institut d'Études Politiques de Paris École nationale d'administration |
Religie | Geen (Agnostisisme) vroeër Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
François Hollande het tussen November 1997 en November 2008 as Eerste Sekretaris (voorsitter) van die PS gefungeer. Hy was ook lid van die parlement (LP) vir Corrèze van 1988 tot 1993 en van 1997 tot 2012, van 2001 tot 2008 burgemeester van Tulle, en van 2008 tot 2012 president van die departement Corrèze.
In die eerste rondte van die presidentsverkiesing op 22 April 2012 het Hollande 28,63% van die uitgebragte stemme behaal, sy teenkandidaat en regerende president, Nicolas Sarkozy, 27,18%.[2] Op 6 Mei 2012 het Hollande ook die tweede rondte met 51,62% van die uitgebragte stemme gewen en is tot nuwe president van Frankryk verkies. Hollande is die eerste sosialistiese staatshoof nadat Frankryk 17 jaar lank deur konserwatiewe politici geregeer is en die tweede sosialistiese president van die Vyfde Republiek ná François Mitterrand (1981–1995).
Op 1 Desember 2016 kondig François Hollande aan dat hy nie 'n herverkiesing sal soek nie. Dit is die eerste keer in die Franse geskiedenis dat 'n huidige president van die Republiek nie vir 'n tweede termyn nie staan nie. François Hollande staar 'n gebrek aan ondersteuning van Sosialistiese LPs en lede van die Kabinet in die gesig, asook ongunstige gewildheidsstembusse.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.