Fiskaallaksman
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die fiskaallaksman (Lanius collaris) is 'n algemene standvoël wat oor feitlik die hele Suider-Afrika voorkom in oop habitats asook parke en tuine. Die voël word 21 tot 23 cm groot en weeg 25 tot 50 gram. In Engels staan die voël bekend as die Common Fiscal. Ander streeksname van die voël sluit die volgende in: janfiskaal, fiskaal, laksman, moordenaar, slagter, goggaslagter, biltongmaker, biltongvreter, beul, janhanger, spensvoël, kanariebyter, kwetteraar, katlagter, pietkoggelaar, jankoggelaar, tatterat, kekkelbek en têtiebek.[2]
Remove ads
Identifikasie
Die voël word 21-23 cm lank en weeg 25 tot 58 g. Dit is mediumgroot, swart en wit gekleur, met 'n lang, dun stert. Die bokant van die kop, rug en 'n deel van die vlerke is swart. Die boonste vlerkdekvere is wit. Die stert is swart met wit buitenste stertpenne. Die onderkant van die voël is vuilwit. Die wyfies is minder kontrasterend.[3]
Die subspesies verskil onderling deur die intensiteit van die swart bokant, of die wit onderkant en die stert, die teenwoordigheid of afwesigheid van 'n wenkbroustreep, kolle op die bors en die verskil tussen manlike en vroulike eksemplare.[3]
Remove ads
Roep
Dit gee 'n gemompelde mengsel van kletteragtige swaaiende geluide, insluitende 'n paar nagemaakte en 'n harde dzzzttt-dzzzt-dzzzt alarmroep. Die meeste van die roepe is egter dreigend of alarmroepe. Die spesie produseer soms 'n verrassende soet, stil liedjie, alhoewel so 'n liedjie, hoe lieflik dit ookal sy, in die algemeen of territoriaal of paarverbindend in funksie is.[4]
Leefwyse
Sy voedsel bestaan uit insekte, muise, vlermuise en klein voëls. Hy plunder ook die neste van voëls, waar hy dan die kuiken opvreet. Hierdie voël is baie territoriaal ingestel en val enige voël aan wat sy grondgebied binnedring. Hy sit op pale en drade, terwyl hy die omgewing bespeur vir prooi en indringers.[3]
Verspreiding en habitat
Daar is sedert die afsplitsing van die fiskaallaksman nog vyf subspesies geïdentifiseer:
- L. c. aridicolus (Suidwes-Angola en Noordwes-Namibië)
- L. c. pyrrhostictus (Noordoos-Botswana, suid-Zimbabwe, suidwes-Mosambiek en die ooste van Suid-Afrika)
- L. c. subcoronatus (Suidoos-Angola en Sentraal-Namibië tot in die noorde van Suid-Afrika)
- L. c. collaris (Suid-Namibië tot in die suide van Suid-Afrika)
- L. c. marwitzi (Tanzanië en Noord-Malawi)
Remove ads
Status
Die grootte van die bevolking is nie gekwantifiseer nie. Moontlik neem die voël in aantal toe en daarom staan die fiskaallaksman (saam met die noordelike soort wat nie deur "BirdLife International" as 'n soort erken word nie) as nie bedreig op die IUBN-rooilys van bedreigde spesies.
Hierdie soort kom voor in oop terrein met kort gras, verspreide struikgewas, savanne, halfwoestyne, maar ook kusstreke met struikgewas, in landbougebied, langs paaie met telegraafpale en in parke.[3]
Remove ads
Sien ook
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Lanius collaris. |
Verwysings
Bronnelys
Notas
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
