'n chemiese verbinding wat uitgeskei is deur 'n individu en wat ontvang word deur 'n tweede individu van dieselfde spesie, by wie 'n spesifieke reaksie veroorsaak word From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Feromoon is volgens die definisie van Karlson en Lüscher (1959) 'n chemiese verbinding wat uitgeskei is deur 'n individu en wat ontvang word deur 'n tweede individu van dieselfde spesie, by wie 'n spesifieke reaksie veroorsaak word.
Feromone kan op grond van die spesifieke reaksies wat dit ontlok in verskillende groepe ingedeel word.
Feromone is intraspesifieke semiochemiese verbindings wat binne een spesie boodskappe oordra. Interspesifieke semiochemiese verbindings wat boodskappe tussen individue van verskillende spesies oordra kom ook voor. Hulle word ook allelochemiese verbindings genoem en onderverdeel in:[1]
Soms word dieselfde stof deur verskillende spesies as feromoon gebruik, maar die boodskap se betekenis kan verskillend wees. Bensaldehied is 'n spoorferomoon vir bye van die genus Xylocopa (Apidae), 'n manlike seksferomoon vir motte van die genus Pseudoletia (Noctuidae) en 'n verdedigingsferomoon vir miere van die genus Veromessor (Formicidae).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.