Die vaalboskat of groukat (Felis lybica) is 'n subspesie van F. silvestris. Dit lyk asof hulle ongeveer 131 000 jaar gelede afgestam het van 'n ander subspesie.[1] 'n Sekere individu is ongeveer 10 000 jaar gelede mak gemaak in die Midde-Ooste, en is waarskynlik die voorvader van vandag se huiskatte. 'n Mak kat saam met mensoorblyfsels wat 9500 jaar terugdateer is in Siprus ontdek.[2][3]
Vaalboskat | |
---|---|
'n Wyfie (Felis lybica cafra) in gevangeneskap in KwaZulu-Natal | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. lybica |
Binomiale naam | |
Felis lybica Forster, 1770 | |
verspreiding in 2015 |
Eienskappe
Die vaalboskat is vaalbruin tot geel of grys met swart strepe op die stert. Sommige het ligte strepe om die lyf. Hul het korter hare as die naverwante Europese spesie en is heelwat kleiner. Die lengte van die kop en lyf is 45 tot 75 cm (17,7 tot 29,5 duim), die stert 20 tot 38 cm (8 tot 15 duim) en hul massa 3 tot 6,5 kilogram (6,61 tot 14,3 pond).
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.