FedEx Express
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
FedEx Express, voorheen Federal Express, is 'n vraglugredery gebaseer in Memphis, Tennessee, Verenigde State van Amerika.[1] Dit is die wêreld se grootste lugredery in terme van tonnemaat vrag gevlieg en die wêreld se vierde grootste in terme van vlootgrootte. [2] Dit is 'n filiaal van FedEx Corporation, wat daagliks pakkette en vrag aflewer na meer as 375 bestemmings in byna alle lande.[3] FedEx Express is die wêreld se grootste spoedvervoermaatskappy.
IATA: | FX |
ICAO: | FDX |
Roepsein: | FED EX |
Gestig: | 1971 |
Tipe: | Filiaal van FedEx Corporation |
Hoofkwartier: | Memphis, Tennessee, VSA |
Hooflughawe: | Memphis Internasionale Lughawe |
President: | David J Bronczek |
Passasiers | Slegs vrag |
Werknemers | |
Bestemmings: | 375+ |
Vloot: | 649 vliegtuie |
Webtuiste: | http://www.fedex.com |
Sy hoofkwartier is in Memphis met sy globale "SuperHub" geleë op Memphis Internasionale Lughawe.[4] In die VSA het FedEx Express ook 'n nasionale sentrum op Indianapolis Internasionale Lughawe. Plaaslike spille is geleë op Ted Stevens Anchorage Internasionale Lughawe, Oakland Internasionale Lughawe, Newark Liberty Internasionale Lughawe, Fort Worth Alliance Lughawe en Miami Internasionale Lughawe. Internasionale plaaslike spille is geleë op Lughawe Parys-Charles de Gaulle lughawe, Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe, Kansai Internasionale Lughawe, Toronto Pearson Internasionale Lughawe en Keulen Bonn-lughawe.[5] Die Middel-Atlantiese sentrum op Piedmont Triad Internasionale Lughawe het op 2 Junie 2009 geopen, maar weens 'n afname in die pakketvolume is dit nog nie naby die verwagte aktiwiteitsvlakke nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.