chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Olivien is 'n mineraal met samestelling (Fe,Mg)2SiO4. Dit is 'n nesosilikaat. Die eindlede van die mengreeks word forsteriet Mg2SiO4[1] en fayaliet Fe2SiO4[2] genoem en in Engels word dikwels die term Fayalite-Forsterite Series gebruik pleks van olivine.
Olivien | |
---|---|
Forsteriet-Olivien | |
Formule | Mg2SiO4 |
Onsuiwerhede | Fe |
Nickel-Strunz (10) | 9.AC.05 |
Kleur | groen, liggeel, wit |
Streep | wit |
Glans | glasagtig |
Hardheid | 7 (Mohs)[1] |
Digtheid | 3.275 g/cm3 |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.636 – 1.730 nβ = 1.650 – 1.739 nγ = 1.669 – 1.772 |
Kristalsisteem | ortorombies |
Ruimtegroep | Pbnm |
Strukturbericht-kode | S1₂ |
Eenheidsel | a = 4.754 Å, b = 10.1971 Å, c = 5.9806 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Olivien is baie volop en een van die belangrikste minerale wat in achondriete aangetref word en S-tipe asteroïde soos 25143 Itokawa bevat dit.[3] Kenmerkend vir komatiïet-lawas is hulle hoë smeltpunt en 'n spinifeks-tekstuur van olivien-kristalle.[4] Olivien word op talle plekke in Suid-Afrika aangetref soos die Driekopmyn, Zondereindemyn en Zwartkopmyn in Limpopo of die Star-, Jagersfontein of Koffiefonteinmyn van Vrystaat. Dit word ook in meteoriete gevind soos die Molteno-, Malvern-, Benoni- of Macibinimeteoriete wat in Suid-Afrika geval het.[5]
Olivien het 'n ortorombiese struktuur waarin losse SiO4-tetraëders herken kan word. Dit is die argetipe van die S1₂-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Tussen hierdie nesosilikaatgroepe is die metaalatome in twee verskillende kristallografiese posisies. Hulle is albei oktaëdriese maar M1 is kleiner as M2 en daar is aanwysings dat yster 'n voorkeur vir die kleiner oktaëder het, veral indien gedeeltelike oksidasie plaasvind en Fe3 gevorm word pleks van Fe3. Die elektriese geleiding is afhanklik van die suurstofaktiwiteit en geleiding vind veral in die c-rigting van die rooster plaas. Die termiese uitsetting by hoër temperatuur betref hoofsaaklik die metaal-suurstof-afstande; die silikaat-tetraëders bly amper onveranderd.[6]>
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.