Hendrik Stephanus (Fanie) Viljoen (gebore 2 Januarie 1970) is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en kunstenaar, en outeur van onder andere Breinbliksem, Pynstiller en Onderwêreld.
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Fanie Viljoen |
Geboortenaam |
Hendrik Stephanus Viljoen |
Geboorte |
2 Januarie 1970 (1970-01-02) (54 jaar oud) |
Nasionaliteit |
Suid-Afrika |
Beroep |
Skrywer |
Bekende werke |
Breinbliksem, Pynstiller en Onderwêreld |
Sluit
Fanie Viljoen matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom.[1] Hy studeer grafiese ontwerp aan die Tegniese Kollege Welkom (1993–1995) en behaal in 2002 'n BA-graad in sosiale wetenskappe aan Unisa. Hy werk vanaf 1990 tot 2006 as opleidingskonsultant by Sanlam, en is vanaf 2006 'n voltydse skrywer en kunstenaar. Hy woon tans in Bloemfontein.
- 1999 – Finalis in De Kat en Human & Rousseau se kort-kortverhaalkompetisie. Die verhaal Weersiens verskyn in die bundel Vonkfiksie.
- 2000 – Die Losprys. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir beginners.
- 2002 – Agter geslote deure. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir ervare skrywers.
- 2005 – BreinBliksem. Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur.
- 2006 – BreinBliksem. MER-prys vir jeuglektuur.
- 2007 – Geraamte in die klas. MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke.
- 2007 – Geraamte in die klas. ATKV-kinderboektoekenning.
- 2007 – Onderwêreld. Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur.
- 2008 – Slym en die gogga-sirkus. ATKV-kinderboektoekenning vir die teks en die illustrasies.
- 2009 – Verneukkind (kortverhaal) Finalis in MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die bundel Sussie Veer is dood en in die bundel Verneukkind.
- 2009 – Onderwêreld. ATKV-kinderboektoekenning.
- 2009 – Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood. ATKV-kinderboektoekenning.
- 2010 – Slym en die beker van geluk. 2 ATKV-kinderboektoekenning vir die teks en die illustrasies.
- 2010 – Poenk. Naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie. (Word in 2012 gepubliseer as Betower)
- 2011 – Nova: Die Begin. ATKV-kinderboektoekenning
- 2012 – Grilbrigade. ATKV-kinderboektoekenning
- 2012 – Klou. ATKV-kinderboektoekenning
- 2014 – Leeus met Letsels. IBBY-ererol
- 2014 – Spring. ATKV-kinderboektoekenning
- 2015 – Afkop. Naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie
- 2015 – Plons. ATKV-kinderboektoekenning
- 2015 – Uit. IBBY-ererol
- 2021 – Die dag tot die draak kom wen ook die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur
- Afkop Hoender (2016) LAPA Uitgewers
- Monster-rugby (2016) LAPA Uitgewers
- Betower – die drama (2015) LAPA Uitgewers (Ook gepubliseer in die bundel In die Kollig, saamgestel deur Lizz Meiring)
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (heruitgawe) (2015) LAPA Uitgewers
- Bravo, Lulu (2015) LAPA Uitgewers
- Prooi (2015) LAPA Uitgewers
- Jump (2015) Ransom Publishing
- Plons (2014) LAPA Uitgewers
- Uit (2014) LAPA Uitgewers
- Pleisters vir die Dooies (2014) LAPA Uitgewers
- Nova: Eindspel (2014) LAPA Uitgewers
- Slym en die Towertapyt (2014) LAPA Uitgewers
- Galop (2013) LAPA Uitgewers
- Koue Rillings (2013) LAPA Uitgewers
- Oe la la, Lulu (2013) LAPA Uitgewers
- Spring (2013) LAPA Uitgewers
- Nova: Sterreloper (2013) LAPA Uitgewers
- Leeus met Letsels (2012) Human & Rousseau Uitgewers
- Nog 13 Spookstories saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2012) LAPA Uitgewers
- Nova: Bloedbroers (2012) LAPA Uitgewers
- Betower (2012) LAPA Uitgewers
- Grilbrigade (2011) Human & Rousseau Uitgewers
- Scarred Lions (2011) Ransom Publishing
- Klou – 'n superheld met kolle (2011) LAPA Uitgewers
- Nova: Vuurdoop (2011) LAPA Uitgewers
- Nova: Die Begin (2010) LAPA Uitgewers
- MindF**k (2010) Ransom Publishing
- 13 Spookstories – saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2010) LAPA Uitgewers
- Slym en die beker van geluk (2009) LAPA Uitgewers
- Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers
- Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008) Human & Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals (2008) Tafelberg Uitgewers
- Miserella (2007) Human & Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vlammende Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers
- Slym en die Gogga-sirkus (2007) LAPA Uitgewers
- Geraamte in die klas (2006) Human & Rousseau Uitgewers
- Spoke en ander gruwelike goed (2005) Human & Rousseau Uitgewers
- BreinBliksem (2005) Tafelberg Uitgewers
- Slym (2004) – LAPA Uitgewers
- Die Losprys (RSG, Maart 2001) Gepubliseer in die bundel Droomskip en ander radiodramas deur Nasou Via Afrika
- Oupa Rooijan kry ’n girlfriend (RSG, Mei 2002)
- Agter geslote deure (RSG, April 2003)
- Die Handtekeningjagter (RSG, 2006)
- By verlies aan woorde (RSG, 2012)
- Breking (RSG, 2013)
- Môre as ons groot is (enkeldrama op KykNET – 2016)
Verskyn in die volgende bundels:
- Skreeu
- Sweef
- Ink
- In ’n neutedop
- Van spoke gepraat
- Skrik op die lyf
- Spoorvat
- VonkFiksie
- Donker Plekke
- Grensoorlogstories
Verskyn in die volgende bundels:
- Toulopers
- Nuwe stemme 5
- Vonk@verse 1 & 2
- Honderd dichters 8
Verskyn in die volgende bundels:
- Nuwe kinderverseboek
- Rympies vir Pikkies en Peuters
- Anker, Johan. 2011. Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman. LitNet Akademies Geesteswetenskappe 8(3), 1-20.
- Greyling, S.F. 2012. Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie, LitNet Akademies Geesteswetenskappe 9(3), 442-486.
- Greyling, S.F. 2012. Kreatiewe remediasie van Pynstiller deur Fanie Viljoen: Van kortverhaal na grafiese verhaal. Literator 33(1), 1-11.
- Senekal, B.A. 2009. Vervreemding in Fanie Viljoen se BreinBliksem (2005), Stilet 21(1), 101-118.
Fanie Viljoen se persoonlike mededeling aan Burgert Senekal op 12 April 2016.