From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese baars (Perca fluviatilis) is 'n varswater vis wat natuurlik in Europa en Asië voorkom. In Suid-Afrika kom die vis in vleie en damme in Mpumalanga en die Wes- en Oos-Kaap voor. In Engels staan die vis bekend as die Perch.
Europese baars | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. fluviatilis |
Binomiale naam | |
Perca fluviatilis | |
Die lyf is lank en die kop ietwat plat en die stertvin is gevurk. Die vis het 'n groot bek. Die vis is silwer tot gelerig groen van kleur en wit aan die onderkant met ses of meer donker, vertikale strepe oor die sye. Daar is 'n swart vlek op die agterkant van die dorsale vin. Die bekken- en anale vinne is oranje kleurig. Die vis word tot 600 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1.305 kg en die Australiese rekord is 10.4 kg.
Die vis leef in koue water en verkies damme en mere. Hulle leef saam in skole en vreet insekte, krappe en vis. Die vis broei in vlak water; die onbewaakte eiers heg hulle self aan plantegroei vas.
Die vis was vir die eerste keer in 1896 ingevoer en daarna weer in 1915.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Perca fluviatilis. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.