Ethernet
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ethernet is ’n groep rekenaarnetwerktegnologieë wat algemeen gebruik word in lokale-area-netwerke (LAN), metropolitaanse-area-netwerke (MAN) en wye-area-netwerke (WAN).[1] Dit is in 1980 kommersieel bekend gestel en in 1983 die eerste keer gestandaardiseer as IEEE 802.3. Dit is sedertdien verfyn om hoër bistempo's en langer verbindingsafstande te ondersteun. Ethernet het mettertyd die mededingende koord-LAN-netwerke soos Token Ring, FDDI en ARCNET vervang.
Ethernet definieer bedrading en die seine van die fisieke vlak, asook raamformate en protokolle vir mediatoegangsbeheer (media access control, MAC). Daar is verskillende standaarde vir Ethernet, met bus- en stertopologie wat moontlik is, en spoed vanaf 10 megabis tot 100 gigabis per sekonde. Dit het in die 1990's die gewildste netwerktegnologie geword.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.