ster in die sterrebeeld Kiel From Wikipedia, the free encyclopedia
Eta Carinae, of η Car, is ’n sterstelsel wat minstens twee sterre bevat. Dit is sowat 7 500 ligjare van die Aarde af in die rigting van die sterrebeeld Kiel (Carina) en is lid van ’n oop sterreswerm in die veel groter Carina-newel.
Eta Carinae A / B | ||||
’n Hubble-foto van die Homunculus-newel, wat Eta Carinae omring. | ||||
Sterrebeeld | Kiel | |||
Spektraaltipe | F:I pec e[1] / O[2] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 45m 03.591s[3] | |||
Deklinasie | −59° 41′ 04.26″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | −0,8 tot 7,9[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -7 | |||
B-V-kleurindeks | 0,61[5] | |||
U-B-kleurindeks | -0,45[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 120 / 30 | |||
Radius (R☉) | ~240 / 24 | |||
Ligsterkte (L☉) | 5 miljoen / <1 miljoen[2] | |||
Ouderdom (jaar) | <3 × 106[2] | |||
Temperatuur (K) | 9 400 | |||
Afstand (ligjaar) | 7 500 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Helder blou veranderlike | |||
Ander name | ||||
Foramen, Tseen She, 231G Carinae, HR 4210, CD−59°2620, HD 93308, SAO 238429, WDS 10451-5941, IRAS 10431-5925, GC 14799, CCDM J10451-5941 | ||||
|
Eta Carinae is ’n ster wat altyd sigbaar is suid van breedtegraad 30°S, maar nooit bo 30°N nie. Dit is aanvanklik aangeteken as ’n ster van die 4de magnitude en die tweede helderste ster in die lugruim, voordat dit verdof het totdat dit nie meer met die blote oog sigbaar was nie; daarna het dit weer verhelder en is nou weer ’n 4de-magnitude-ster.
Die twee hoofsterre van die Eta Carinae-stelsel wentel elke 5,54 jaar om mekaar in ’n eksentrieke wentelbaan. Die primêre ster is ’n helder blou verandelike wat aanvanklik ’n massa van sowat 150 sonmassas gehad en minstens 30 daarvan verloor het. Vanweë sy massa en lewensfase word verwag dit in die nabye toekoms sal ontplof as ’n supernova of hipernova. Dit is tans die enigste bekende ster wat natuurlike laserlig in ultravioletgolflengtes uitstraal.[6]
Die sekondêre ster is ’n warm ster, moontlik van spektraaltipe O. Dit het ’n massa van 30 sonmassas en is self ’n baie helder ster. Die stelsel word grootliks bedek deur ’n newel, materiaal wat in die 19de eeu deur die primêre ster uitgewerp is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.