plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die dwergbroodboom (Encephalartos humilis) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is endemies aan Mpumalanga waar dit voorkom in die Krokodilriviervallei. Die plant is klein, die stam word slegs 30 cm lank en dit groei hoofsaaklik op oos- en noordooshellings. Dit vorm makliker keëls in toestande van swaar reën en digte mis. Die plant word bedreig deur die afwesigheid van gereelde brande omrede dit voorkom in gebiede waar daar goed bestuurde bosbouplantasies is. Vuur versnel die frekwensie van die vorming van keëls.
Dwergbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. humilis |
Binomiale naam | |
Encephalartos humilis I.Verd., (1951) | |
Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare. Die plant vorm slegs een keël op 'n slag en word ook nie maklik oorgeplant nie. As gevolg van dié omstandighede staan dit gevaar om uit te sterf.
Die boom se FSA-nommer is 14.16.[1] In Engels staan die broodboom as die Dwarf Cycad bekend.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.