From Wikipedia, the free encyclopedia
Jan Hoogendyk, beter bekend as onder sy verhoognaam Elvis Blue, is 'n sanger en liedjieskrywer.[1] Die naam Elvis Blue het hy in 2008 begin gebruik nadat hy ’n seun met die naam Elvis Blaauw in ’n kinderhuis ontmoet het. Die seun is in 2009 oorlede. Van sy treffers sluit in Rede om te glo, Toe ons jonk was, Die hemel en Spore.
Elvis Blue | |
---|---|
Elvis Blue in 2013 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jan Adriaan Hoogendyk |
Gebore | 28 Desember 1979 Linden, Johannesburg, Suid-Afrika |
Genres | Pop |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2000 – Nou |
Etikette | Universal Music |
Webwerf | elvisblue.co.za |
Elvis was die mentor van Faraway George en Natasha Zaaiman in die huidige realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak op VIA op DStv. Albei het reeds uitgeval.
Jan Hoogendyk is op 28 Desember 1979 in Linden, Johannesburg gebore. Daar het reeds vyf albums van hom verskyn — drie onder die naam Mono en twee onder sy eie naam — voordat hy in 2010 as Elvis Blue die Suid-Afrikaanse Idols-kompetisie gewen het. ’n Gelyknamige album verskyn in November 2010 en behaal platinumstatus. In 2012 ontvang hy die Sama-prys vir beste volwasse kontemporêre album. Sy album, Journey, wen in 2013 die Sama-prys vir beste Engelse kontemporêre album.
Hoogendyk[2] is 'n kitaar-onderwyser en het met minderbevoorregte kinders in sy tuisdorp gewerk. Een van sy vriende, wat Elvis Blaauw geheet het, is op 12-jarige ouderdom aan vigsverwante komplikasies oorlede. Die vriend het aan hom gesê dat sy droom is om eendag 'n musikant te wees.[3] Hoogendyk het besef dat sy eie naam nie by Engelse popmusiek pas nie, en het die naam as sy verhoognaam aangeneem.
Elvis is met Chireze Hoogendyk getroud. Die egpaar het twee dogters, Lila en Jua.[4][5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.