From Wikipedia, the free encyclopedia
Elektrosensitiwiteit, ook soms verwys na as elektromagnetiese hipersensitiwiteit, is 'n toestand waar 'n persoon fisiese of psigiese simptome ervaar wat volgens hulle veroorsaak word deur elektromagnetiese velde of ander elektromagnetiese golwe teen blootstellingsvlakke wat deur die algemene publiek sonder probleme verdra word. Of die elektromagnetiese veld die lyers se simptome veroorsaak is 'n omstrede kwessie, maar bewyse van uitlokkingstudies dui daarop dat daar geen verband is nie. In 'n onlangse hersiening van die leesstof wat die verband tussen die simptome en die elektromagnetiese velde ondersoek, is daar sewe studies gevind wat wel 'n verband gevind het, terwyl 24 ander studies geen sulke verband kon vind nie. Uit die sewe positiewe studies, kon twee egter nie met dieselfde resultate herhaal word nie, drie daarvan het ernstige metodologiese tekortkominge gehad en die laaste twee het kontrasterende resultate gehad.[1]
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het verklaar dat daar geen bekende wetenskaplike grond is vir die mening dat elektrosensitiwiteit veroorsaak word deur 'n blootstelling aan elektromagnetiese velde nie.[2]
Terwyl individue se gerapporteerde simptome wyd wissel, is daar geen spesifieke simptome wat verband hou met beweerings van elektrosensitiwiteit nie. Hoofpyn, moegheid, stres, slaapontwrigting, velstippel, brandende sensasies en uitslag, pyn en spierpyn onder andere word gerapporteer. In ernstige gevalle kan sulke simptome 'n werklike en soms ongemaklike probleem wees vir die geaffekteerde persoon wat sielkundige nood veroorsaak,[3] maar daar is geen wetenskaplike basis om sulke simptome te koppel aan elektromagnetiese blootstelling nie.[2]
Sommige gerapporteerde simptome is afhanlik van die geografiese gebied of die kultuur waarin dit voorkom. By voorbeeld, in Nordiese lande word meestal gesigvelprobleme gerapporteer terwyl in ander lande is verskeie ander simptome meer algemeen. Dit dui aan dat daar nie 'n oorsaaklike verband is tussen die simptome en blootstelling nie. Baie sulke gerapporteerde simptome oorvleuel met ander sindrome, bv. funksionele somatiese sindrome en idiopatiese omgewingsonverdraagsaamheid.[4]
Verskillende vlakke van vatbaardheid vir elekriese velde en magnetiese velde en verskillende frekwensies van elektomagnetiese golwe word deur diegene wat elektrosensitiwiteit aanmeld beskryf. Fluoresserende ligte, lae-energie ligte, selfone, draagbare fone, kraglyne en Wi-Fi word voorgestel as die bronne van die elektomagnetiese velde. Maar ondersoeke van elektrosensitiwiteitlyers kon nie 'n patroon vir die simptome vind nie.[3][5]
Elektromagnetiese hipersensitiwiteit is nie 'n aanvaarde diagnose nie; Medies is daar geen gevaldefinisie of kliniese praktyk riglyn nie en daar is geen spesifieke toets om dit te identifiseer nie, en daar is ook nie 'n ooreengekome definisie waarmee kliniese navorsing uitgevoer kan word nie.[6] Klagtes van elektromagnetiese hipersensitiwiteit kan organiese of psigiatriese siekte masker. Diagnose van die onderliggende toestande behels die ondersoek en identifisering van moontlike bekende mediese oorsake van enige simptome waargeneem.[2]
Simptome kan ook aangewend word deur te verbeel dat blootstelling skade veroorsaak. Studies het getoon dat verslae van simptome meer gepaard gaan met die oortuiging dat een blootgestel word as met enige werklike blootstelling.[7][8][9]
In 2010 het 'n seltoringoperateur in Suid-Afrika op 'n openbare vergadering geopenbaar dat die toring wat nabygeleë inwoners vir hul huidige elektrosensitiwiteitsimptome blameer, ses weke voor die vergadering afgeskakel is. Dit maak dit baie onwaarskynlik dat die toring die oorsaak van die simptome was.[10][11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.