Eindhoven
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eindhoven is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant. Die munisipale gebied het sowat 238 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van 89 km². Eindhoven is die grootste stad in hierdie provinsie en die vyfde grootste stad van Nederland.
Eindhoven | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die sentrum van Eindhoven | |
Ligging van Eindhoven in Noord-Brabant-provinsie | |
Kaart van Eindhoven-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°26′N 5°28′O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Noord-Brabant |
Regering | |
• Burgemeester | Jeroen Dijsselbloem (PvdA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 89,36 km2 (34,50 vk. myl) |
• Land | 88,02 km2 (33,98 vk. myl) |
• Water | 1,35 km2 (0,52 vk. myl) |
Hoogte | 17 m (56 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 238 326 |
• Digtheid | 2 708/km2 (7 010/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 5611–5658 |
Skakelkodes | 040 |
Bestuurlike sentrum | Eindhoven |
Webwerf | www.eindhoven.nl/ |
Eindhoven lê in die Suidoos-Brabant-regio en in die Kempen-streek.
Eindhoven het in 1232 al stadsregte gekry. Die stad het veral begin groei toe Philips (gloeilampe) daar gevestig is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die motorfabriek DAF ook begin groei en dit het ook die groei van Eindhoven beïnvloed.
Van al die Eindhoven-distrikte is die historiese sentrum verreweg die kleinste in grootte en bevolking, en het in 2006 slegs 5 419 inwoners. Woensel-Noord is die grootste, en dit was die grootste uitbreidingsgebied van die stad in 'n aantal dekades.
Die stad is tans verdeel in sewe distrikte:
|
Eindhoven het twee groot teaters: Muziekcentrum Frits Philips en Parktheater. Die bekendste museum in die stad is die Van Abbe Museum (moderne kuns).
Eindhoven is die tuiste van die sokkerspanne PSV Eindhoven en FC Eindhoven en die hokkiespan Oranje Zwart.
In Eindhoven is daar twee instansies in die hoëronderwys-stelsel: Technische Universiteit Eindhoven en Fontys Hogeschool. (Die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoërskool' nie.)
Eindhoven is verenig met:
|
Oirschot | Best, Son en Breugel | |
Eersel | Nuenen, Gerwen en Nederwetten | |
Veldhoven | Waalre | Geldrop-Mierlo, Heeze-Leende |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.