From Wikipedia, the free encyclopedia
Hong Kong Dragon Airlines Limited (Chinees: 港龙 航空 有限公司), handeldrywend as Cathay Dragon, is 'n internasionale lugredery met sy hoofkwartier in Cathay Dragon House op die Hongkong Internasionale Lughawe, Hongkong.[1][2] Op 30 Junie 2018 het die lugredery 'n geskeduleerde passasiersnetwerk na 48 bestemmings in 13 lande en gebiede in Asië bedryf. Daarbenewens het die lugredery 3 kodedeelooreenkomste op roetes wat bedien word deur vennootrederye. Dit beskik oor 'n vloot van 47 uitsluitlik-Airbusvliegtuie, bestaande uit A320s, A321s en A330s.
| |||||||
Gestig | 24 Mei 1985 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | Julie 1985 | ||||||
Hoofspille | Hongkong Internasionale Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram |
| ||||||
Alliansie | Oneworld | ||||||
Vlootgrootte | 47 | ||||||
Bestemmings | 48 | ||||||
Houermaatskappy | Cathay Pacific (100%) | ||||||
Hoofkantoor | Hongkong Internasionale Lughawe Chek Lap Kok, Hongkong | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Webwerf | dragonair.com |
Cathay Dragon is 'n volfiliaal van Hongkong se vlagdraer, Cathay Pacific, en is 'n geaffilieerde lid van die Oneworld lugrederyalliansie. Die lugredery is op 24 Mei 1985 deur Chao Kuang Piu gestig, die lugredery se huidige ere-voorsitter. Sy eerste vlug vertrek uit Hongkong na Kota Kinabalu, Maleisië na die toekenning van 'n lugoperateursertifikaat deur die Hongkongregering in Julie 1985. In 2010 het Dragonair, tesame met Cathay Pacific, meer as 138 000 vlugte onderneem, byna 27 miljoen passasiers en meer as 1,8 miljoen ton se vrag en pos vervoer.[3]