Doleriet is ’n mafiese, kristalagtige stollingsgesteente. Dit word ook diabaas, mikrogabbro[1] of groensteen[2] genoem.
Dolerietgesteentes of -plate is gewoonlik vlak intrusies met ’n fyn, korrelrige tot ofitiese struktuur. In Noord-Amerika word die term "diabaas" (diabase) verkies en in die res van die Engelssprekende wêreld "doleriet" (dolerite). Baie wetenskaplikes gebruik daarom die term "mikrogabbro" om verwarring te voorkom.
Gebruike
Doleriet word fyngemaak en in bouwerk gebruik, veral vir paaie, geboue en damme.[3][4] Dit kan ook gebruik word vir grafstene en gedenktekens.
’n Vorm van doleriet, bekend as blousteen, is een van die materiale wat gebruik is in die oprigting van Stonehenge.[5]
Verwysings
Skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.