Docodonta
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Docodonta is 'n uitgestorwe groep diere wat vroeër as een van die primitiefste ordes van die ware soogdiere (Mammalia) beskou is, maar nou dikwels as 'n sustergroep daarvan gesien word. Die dokodonte en die ware soogdiere word dan saam as die Mammaliaformes gesien.
Docodonta | |
---|---|
Voorstelling van Castorocauda, 'n akwatiese dokodont | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
(geen rang): | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Orde: | Docodonta Kretzoi, 1946 |
Die oudste fossiele van hierdie groep is uit die middel-jura. Die eerste fossiele is meer as 'n eeu gelede in die Morrison-formasie van Wyoming en Colorado aangetref, hulle stam uit die laat-jura en word saam met groot dinosourusse soos die Sauropoda aangetref. Die meeste fossiele van hierdie diere bestaan net uit tande, maar Haldanodon uit die Portugese laat-jura bestaan uit talle kake, party skedels en 'n skelet. Haldanodon was dalk 'n grawer. Uit die middel-jura van China is in 2006 'n skelet gevind van Castorocauda wat dalk 'n akwatiese lewenswyse gehad het.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.