Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Djedda-straatrenbaan (Arabies: حلبة شارع جدة) is 'n nuwe motorrenbaan wat in die Rooisee-hawestad Djedda in Saoedi-Arabië gebou is. Die baan het die eerste Saoedi-Arabiese Grand Prix gehuisves, wat op 5 Desember 2021 as die voorlaaste ren op die Formule Een-seisoenkalender van 2021 plaasgevind het,[2] en daarna jaarliks.
Ligging | Djedda, Saoedi-Arabië |
---|---|
Tydsone | UTC+03:00 |
Koördinate | 21°37′55″N 39°6′16″O |
FIA Gradering | 1 |
Groot byeenkomste | Formule 1 Saoedi-Arabiese Grand Prix (2021) Formule 2 Jeddah Formule 2 (2021) |
Lengte | 6,175 km |
Draaie | 27[1] |
Djedda is aangewys as die 'vinnigste straatbaan' op die Formule Eenkalender waar Formule Eenmotors gemiddelde snelhede van meer as 250 km/h (160 mpu) haal. Die baan is die tweede langste baan op die Formule Een-kalender, met slegs Spa-Francorchamps in België wat langer is. [3]
Die baan is op die Djeddastrook wat aan die Rooisee grens gebou.[4] Die baan is deur Carsten Tilke, seun van die bekende Hermann Tilke, ontwerp. [5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.