Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum, in Paul Krugerstraat, Pretoria,[1] was voorheen bekend as die Transvaal Museum.[2]
Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum | |
Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum | |
Vorige naam | Transvaal Museum; Staatsmuseum |
---|---|
Plek | Pretoria |
Land | Suid-Afrika |
Openingsjaar | 1892 |
Tipe museum | Natuurhistories |
Webtuiste | Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum |
Die museum is gestig as die Staatsmuseum van die ZAR op 1 Desember 1892 en is sedertdien die bewaarder en dokumentasiesentrum van Suid-Afrika se natuurlike erfenis. Die museum is die enigste natuurhistoriese museum in Gauteng en een van die grootste in Suid-Afrika.[2]
Die museum se versamelings en uitstallings bestaan uit hominiemfossiele van die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied en verwante fauna, insluitend Mev. Ples (die bynaam van 'n fossiel skedel wat beskou word as 'n verre verwant van die mensdom), fossiele, geraamtes, velle en gemonteerde monsters van amfibieë, visse, ongewerweldes, reptiele en soogdiere. Die museum se opvoedkundige programme is op hierdie versamelings gebaseer en inligting wat deur navorsing ontdek word, word met die mense van Suid-Afrika en met die internasionale gemeenskap gedeel.[2]
Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum is uniek in die sin dat dit die enigste instituut in Suid-Afrika is wat die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap die geleentheid bied om sy versamelings van fossielmateriaal te besigtig, aangesien hierdie soort materiaal nie gewoonlik aan die publiek tentoongestel word nie.[2]
Die museum is op 4 Oktober 1996 as 'n provinsiale erfenisterrein aangewys ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999). [3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.