From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Desmostylia is 'n uitgestorwe orde plasentale soogdiere. Hul fossiele word in mariene sedimente in die Oligoseen-Mioseen van die noordelike Stille Oseaan aangetref.
Desmostylia | |
---|---|
Desmostylus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Infraklas: | Placentalia |
Superorde: | |
Orde: | Desmostylia Reinhart, 1853 |
Families | |
|
Desmostylia is tradisioneel beskou as die verwantes van die Sirenia en die Proboscidea en dit plaas hulle in die Afrotheria-tak van die plasentale soogdiere. Daar is nogtans nooit fossiele van hulle rondom Afrika se kuste gevind nie en daar is ook kladistiese ontledings wat hulle as 'n basale groep van die Perissodactyla plaas, wat op Laurasiatheria-verwantskap sou dui.[1]
Hul tande verskil van alle ander soogdiere s'n en dit is nie seker wat hulle gevreet het nie. Hulle was waarskynlik herbivoor en het dalk kelp gevreet. Hulle was veral seediere maar het soos robbe ook aan land kan kom.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.