maan van Mars From Wikipedia, the free encyclopedia
Deimos (Grieks: Δείμος; ook Mars II[5]) is die kleinste en verste van die twee mane van die planeet Mars. Die ander maan is Fobos. Dit is genoem na Deimos, 'n seun van Ares (Mars) en Afrodite in die Griekse mitologie, en beteken "terreur" of "vrees".[5]
Deimos, soos op 21 Februarie 2009 waargeneem deur die wenteltuig Mars Reconnaissance Orbiter. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Asaph Hall |
Datum | 12 Augustus 1877 |
Alternatiewe name | Mars II |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog J2000 | |
Halwe lengteas | 23 460 km 14 580 myl |
Wentelperiode | 1,262 44 dae 30,30 h |
Gem. omwentelingspoed | 1,35 km/s |
Baanhelling | 0,93° (tot Mars se ewenaar) 1,793° (tot onveranderbare vlakte) 27,58° (tot Ekliptika) |
Satelliet van | Mars |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 15 × 12,2 × 10,4 km[2] |
Gem. radius | 6,2 km 3,9 myl[3] |
Massa | 1,48×1015 kg (2,5×10-10 Aardes) |
Gem. digtheid | 1,471 g/cm³[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,003 9 m/s² (3,9 mm/s²) 0,000 40 g (400 µg) |
Ontsnapping- snelheid | 5,6 m/s 20 km/h |
Rotasieperiode | sinchronies |
0,068[3] | |
Temperatuur | ≈233 K |
Skynmagnitude | 12,4[3][4] |
Dit is ook een van die kleinste mane in die Sonnestelsel.
Deimos is op 12 Augustus 1877 die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall by die Amerikaanse Marinesterrewag in Washington, D.C.[6] Asaph Hall het ook Fobos, Mars se ander maan, ontdek.
Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838-1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Ilias, waar Ares sy twee seuns (Phobos en Deimos) oproep.[5][7]
Deimos is in 1971 van naderby gefotografeer deur Mariner 9, in 1977 deur Viking 1, in 1988 deur Phobos 2, in 1998 en 2003 deur Mars Global Surveyor en in 2004 en 2008 deur die Mars Express.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.