Nederlandse dagblad From Wikipedia, the free encyclopedia
de Volkskrant is 'n Nederlandse dagblad. Dit is in 1919 gestig en beskik oor 'n nasionale oplaag van omtrent 250,000 eksemplare.
Dit was voorheen een van die voorste sentrumlinkse breëblad koerante, maar is vandag 'n mediumgrootte koerant van die sentrum. Pieter Klok is tans die hoofredakteur.
De Volkskrant is in 1919 gestig [1] en is sedert 1921 'n dagblad. De Volkskrant was oorspronklik 'n Katolieke koerant [1] wat nou bande gehad het met die Katolieke Volksparty. Die publikasie is tydelik in 1941 gestaak. [1]
Met die koerant se heroprigting in 1945 is sy kantoor van Den Bosch na Amsterdam geskuif. [2] Die koerant het in die 1960's 'n linksegesinde koerant geword maar in 1980 sy standpunt begin versag. [2][3] Op 23 Augustus 2006 het de Volkskrant sy 25 000ste uitgawe gepubliseer.
In 1968 het de Volkskrant en Het Parool se eienaars saamgesmelt in 'n nuwe entiteit genaamd De Perscombinatie. Het Parool het beheer gekry as gevolg van 'n groter belegging in die ouermaatskappy. De Perscombinatie het met gesamentlike drukwerk begin. In 1975 het Trouw hierby aangesluit. In 1994 het De Perscombinatie vir Uitgeverij Meulenhoff & Co aangekoop, waarna hulle voortaan sou bekendstaan as PCM Uitgevers. In 1995 het PCM die groter Nederlandse Dagblad Unie, die eienaars van die Algemeen Dagblad en NRC Handelsblad, aangeskaf. In 1996 het PCM de Volkskrant aangeskaf. PCM is in 2009 deur De Persgroep van België aangekoop, en in Desember 2009 herdoop tot De Persgroup Nederland, tans bekend as DPG Media Nederland.
In 2010 het Pieter Broertjes sy 20-jaar-lange termyn as hoofredakteur voltooi. [4] In 2013 is de Volkskrant bekroon met die Europese Koerant-toekenning in die kategorie nasionale koerante. [5]
In Oktober 2006 het de Volkskrant aangekondig dat hy van voornemens is om 'n gratis weergawe van die publikasie te publiseer wat gerig sal wees op jongmense. [6] Aangesien PCM nooit toestemming verleen het nie, het dit nooit gerealiseer nie.
In 2001 was De Volkskrant se oplaag 335,000 eksemplare.[7] Die daaglikse oplaag van die koerant was in 2002 326,000 eksemplare, wat gedaal het tot ongeveer 235,000 in 2011. Die koerant het sedertdien heelwat ingeboet in sirkulasie. Die gedrukte oplaag is egter steeds die derde hoogste in Nederland, na De Telegraaf en Algemeen Dagblad.
Die lettertipe Capitolium News deur Gerard Unger (2006) is sedert Desember 2006 die hoof-lettertipe van de Volkskrant.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.