Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
In rekenaarwetenskap is 'n datastruktuur 'n formaat vir die organisering, bestuur en stoor van data wat effektiewe toegang en wysiging moontlik maak.[1][2][3][4][5] Meer konkreet is 'n datastruktuur 'n versameling datawaardes, die verhoudings tussen hulle, en die funksies of bewerkings wat toegepas kan word op die data.[6]
Datastrukture dien as die basis vir abstrakte datatipes (ADT). "Die ADT definieer die logiese vorm van die datatipe. Die datastruktuur implementeer die fisiese vorm van die datatipe."[7]
Verskillende tipe datastrukture is geskik vir verskillende toepassings, en party is hoogs gespesialiseerd vir spesifieke take. So byvoorbeeld gebruik relasionele databasisse tipies B-boomindekse vir dataherwinning,[8] terwyl programvertalers gewoonlik hutstabelle gebruik om identifiseerders op te soek.[9]
Datastrukture verskaf 'n manier om groot hoeveelhede data doeltreffend te bestuur vir gebruike soos groot databasisse en internetindekseringsdienste. Doeltreffende datastrukture is gewoonlik die sleutel tot die ontwerp van doeltreffende algoritmes. Sommige formele ontwerpsmetodes en programmeertale beklemtoon datastrukture eerder as algoritmes as die sleutelfaktor vir organisering by sagtewareontwerp. Datastrukture kan gebruik word vir die stoor en herwinning van inligting wat in beide die hoofgeheue en sekondêre geheue gestoor word.[10]
Datastrukture word oor die algemeen gebaseer op die vermoë van 'n rekenaar om data op enige plek in sy geheue te kry en te stoor. Dié toegang geskied deur 'n wyser—'n bisstring wat 'n geheueadres voorstel, wat ook in die geheue gestoor kan word en deur die program gemanipuleer kan word. So bv. is die datastrukture skikking en rekord gebaseer op die berekening van data-items se adresse met wiskundige bewerkings, terwyl geskakelde datastrukture gebaseer is op die direkte stoor van data-items se adresse in die struktuur. Heelwat datastrukture gebruik altwee beginsels, soms gekombineer op nietriviale maniere (soos by XOR-skakeling).
Die implementering van 'n datastruktuur vereis tipies die skryf van 'n stel prosedures wat instansiërings van die datastruktuur skep en manipuleer. Die doeltreffendheid van 'n datastruktuur kan nie afsonderlik van hierdie bewerkings ontleed word nie. Hierdie waarneming motiveer die teoretiese konsep van 'n abstrakte datatipe, 'n datastruktuur wat indirek gedefinieer word deur die bewerkings wat uitgevoer word daarop, en deur die wiskundige eienskappe van daardie bewerkings (insluitend hul koste in ruimte en tyd).
Daar is verskeie tipe datastrukture, meestal gebou op eenvoudiger primitiewe datatipes:[11]
Verder is grafieke en binêre bome ander datastrukture wat algemeen gebruik word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.