Darlingtondam
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Darlingtondam (voorheen bekend as die Mentzmeer) is geleë in die Sondagsrivier in die Oos-Kaap. Die dam is gedurende 1922 voltooi. Dit het 'n bakmaat van 187 miljoen m3 met die wal wat 35.3 m hoog is. Die dam is belangrik omrede water uit die Gariepdam via die tonnels en kanale na die Darlingtondam oorgedra word wat uiteindelik Port Elizabeth bereik.[1]
Darlingtondam | |
---|---|
Ligging | Kirkwood |
Provinsie/Land | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°12′22″S 25°8′1″O |
Dam in | Sondagsrivier |
Doel | Besproeiing, nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1922 (Opgeknap in 1952) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 35.3 m |
Lengte van wal | 230 m |
Reservoir | Mentzmeer |
Kapasiteit | 187 000 000 m³ |
Opvanggebied | 16 700 km2 |
Damoppervlak | 3452.7 ha |
Aanvanklik was die opgaarvermoë amper 118 miljoen m³. Met die verhoging van die wal in 1935-1936, deur toeslikking genoodsaak, is dit met 23½ miljoen m³ vermeerder. Toe die wal in 1948-1952 vir ‘n tweede keer verhoog is, is die volume van die dam tot net meer as 165 miljoen m³ vergroot. Die besproeibare oppervlakte was daarna net minder as 9 500ha.
Die naaste groot dorp is Kirkwood.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.