Danie Odendaal

Suid-Afrikaanse skrywer, TV-vervaardiger en -regisseur From Wikipedia, the free encyclopedia

Danie Odendaal (* 23 Januarie 1947 – † 30 Oktober 2024, Langebaan) was ‘n Suid-Afrikaanse skrywer, TV-vervaardiger en -regisseur. Hy was veral bekend as hoofskrywer van Egoli: Plek van goud en vervaardiger van 7de Laan. Odendaal het oor die dekades 'n loopbaan in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gevolg. Hy was getroud met die TV-regisseur en aktrise Annie Basson.[1]

Kitsfeite Geboorte, Sterfte ...
Danie Odendaal
Geboorte 1947
Sterfte 30 Oktober 2024 (op 77)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) skrywer, regisseur en vervaardiger
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Sluit

Lewensloop

Odendaal het aan die Universiteit van Stellenbosch, sowel as die Sorbonne-universiteit, in Frankryk, en Trinity College in Cambridge in die Verenigde Koninkryk studeer voordat hy by die SAUK aangesluit het as regisseur aan die begindae van televisie in Suid-Afrika.[2]

Franz Marx het Odendaal in 1992 aangestel as hoofskrywer vir die tweetalige sepie Egoli. Ná agt jaar in dié rol het hy begin om 7de Laan vir SABC2 te vervaardig. Odendaal het vir 15 jaar die uitvoerende vervaardiger van die gewilde plaaslike sepie gebly totdat hy bedank het toe die SAUK 7de Laan se mandaat en styl verander het.[3]

Die veelbekroonde vervaardiger het ook “Egoli: Plek van Goud” vervaardig en onder meer “Dennekruin 12”, “Galery”, “Die man met 'n lyk om sy nek”, “Beelde” en “Saartjie” geregisseer.[3]

Odendaal het in 2019 'n beroerte gehad terwyl hy in Pervillac, Frankryk, gewoon het. Hy sterf op 30 Oktober 2024 in Langebaan na ‘n kort siekbed.[2]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.