From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bontebok (Damaliscus pygargus dorcas) is 'n wildsbok wat in die suidweste van Suid-Afrika voorkom. Die bontebok is een van die provinsie Wes-Kaap se amptelike simbole.[2]
Bontebok | |
---|---|
'n Bontebok in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. pygargus |
Binomiale naam | |
Damaliscus pygargus (Pallas, 1767) | |
Subspesies | |
|
Die boksoort is kleurryk; die bruin dele gaan op sommige plekke oor in donkerbruin tot swart met 'n pers skynsel. Die pens, die binnekant van die boude, 'n kol rondom die kruis en die onderste helfte van die bene is wit. Die bles bokant die oë en die bles onder die oë is gewoonlik aaneen. Albei geslagte het horings. Hulle verskil van die blesbok deurdat die wit dele aan die lyf, veral die kol op die kruis, groter is.
Die ramme weeg tot 64 kg en die horinglengte is gemiddeld 38 cm, met 'n rekord van 42,55 cm. Die ooie weeg tot 59 kg, het dunner horings en hulle dratyd is sowat 8 maande, met een lammetjie wat tussen September en November gebore word.
Die boksoort hou van oop grasvlaktes en is kuddediere wat ooi- en ramtroppe vorm. Sommige ramme loop alleen. Sy natuurlike vyand is die luiperd. Die boksoort was 'n bedreigde spesie, maar sy voortbestaan is nou verseker danksy die Nasionale Bontebokpark by Swellendam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.