From Wikipedia, the free encyclopedia
Crassulaceae, die vetkruidfamilie,[2] of die plakkieplantfamilie.[3] is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 36 genera in.[4]
Crassulaceae | |
---|---|
Die Rosularia-blom. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | Saxifragales |
Familie: | Crassulaceae J.St.-Hil.[1] |
Genera | |
|
Geen lede van die familie is belangrike landbougewasse nie, maar baie is gewilde tuinbouplante; hulle het dikwels ’n vreemde, bekoorlike voorkoms en is taamlik gehard. Bekende spesies sluit in die kerkeibos (Crassula ovata) en Kalanchoe blossfeldiana.
Crassulaceae is ’n monofiletiese groep binne die eudikotiele as lid van die orde Saxifragales.[5] Sommige ouer klassifikasiestelsels plaas Crassulaceae in Rosales. Klassifikasie binne die familie is moeilik omdat baie van die spesies maklik verbaster – in die natuur en in tuinbou.
Daar is 36 genera wat tot die familie hoort:[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.