From Wikipedia, the free encyclopedia
Craigavon is 'n beplande nedersetting in Noord-Ierland wat vanaf 1966 28 myl (33 km) suidwes van Belfast ontstaan het om stadspreiding in die gebied in te perk. Die dorp is vernoem na James Craig, 1ste Visegraaf Craigavon wat tussen 1921 en 1940 die amp van eerste minister van Noord-Ierland beklee het.[1]
Craigavon Creag Abhann (Iers-Gaelies) | |
---|---|
Dorp | |
Craigavon se Burgersentrum en meerhawe (Lakes Harbour Area) | |
Koördinate: 54°35′46″N 5°54′50″W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Armagh |
Bevolking | |
• Totaal | 16 000 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT62, BT63, BT64, BT65, BT66, BT67 |
Skakelkodes | 02838, +4428 |
Webwerf | craigavon.gov.uk |
Craigavon is kragtens die Wet op Nuwe Nedersettings (New Towns Act) van 1965 as kommersiële sentrum en residensiële gebied ontwikkel wat twee bestaande ouer nedersettings, Lurgan en Portadown, met mekaar verbind het. Die nuwe nedersetting se beplanningskonsep, wat deur Sir Robert Matthew ontwikkel is, het voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van 'n stedelike gebied op die platteland buite Belfast, met 'n roostervormige straatuitleg, ligte nywerhede en maklike toegangsroetes. Volgens die Belfast Regional Survey and Plan (algemeen bekend as Matthew Plan) is Craigavon ontwerp om 100 000 bewoners te huisves.[2] In die vroeë 1980's was Craigavon 'n belangrike ekonomiese groeipunt buite Belfast.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.