From Wikipedia, the free encyclopedia
Coracias is 'n Ouwêreldse genus van voëls in die familie van troupante (Coraciidae). Hulle is tuis in boom- en bosveld en is kleurryk geveerd, met blou en bruin as die oorheersende kleure. Hul prooi is ongewerweldes en insekte wat hulle op die grond, in bome of in vlug vang nadat die omgewing van 'n wagpos af bespied is. Die twee buitenste voortone van elke poot is by die basis aan mekaar verbind.
Coracias | |
---|---|
'n Volwasse Europese troupant (Coracias garrulus) in Spanje met honderdpoot-prooi | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Coracias Linnaeus, 1758 |
Spesies | |
8, sien teks | |
Sinonieme | |
Galgulus Brisson, 1760 |
Die genus Coracias is in 1758 deur die Sweedse natuurkundige Carl Linnaeus in die tiende uitgawe van sy Systema Naturae ingevoer.[1] Die genusnaam kom uit Grieks korakías (κορακίας),[2] wat heenwys op korax (κόραξ, ‘raaf, kraai’).[3] Aristoteles het die korakias beskryf as 'n voël van kraaigrootte met 'n rooi snawel,[4] wat volgens sommige die Alpekraai (genus Pyrrhocorax) kan wees.[5] Die tipespesie is in 1855 deur G.R. Gray aangedui as die Europese troupant (Coracias garrulus).[6][7] Die filogenetiese verwantskappe tussen die spesies is in 'n molekulêre studie van 2018 uiteengesit.[8]
Die volgende spesies behoort aan die genus:[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.