From Wikipedia, the free encyclopedia
Cooperiet is 'n mineraal met formule PtS, wat na R.A. Cooper van Suid-Afrika genoem is, wie die mineraal se eerste beskrywing gegee het. Dit is 'n platinumerts en een van die PGE-minerale. Dit word in Suid-Afrika op heelparty plekke aangetref, soos in die Bosveldstollingskompleks.[2]
Cooperiet | |
---|---|
Formule | PtS |
Onsuiwerhede | Pd, Ni |
Kleur | staalgrys |
Glans | metallies |
Hardheid | 4 - 5 (Mohs) |
Digtheid | 9,5 g/cm3 |
Ruimtegroep | P4₂/mmc (supersel Z=4 I4/mmm?) |
Strukturbericht-kode | B17 |
Eenheidsel | a = 3.4700 Å, c = 6.1096 Å (Z = 2) |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Cooperiet se struktuur is tetragonaal en dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B17-struktuur. Die platinumatome is omring deur 'n vierkant van swawelatome en die swawelatome is deur 'n tetraëder van platinumatome omring. Die struktuur kan beskou word as 'n vervormde weergawe van die CsCl-struktuur (B2). Die rooster bevat taamlik oop kanale. Die struktuur word meestal met 'm klein primitief-tetragonale sel beskryf, maar daar is swak superrefleksies wat aangee dat die eenheidsel twee keer so groot is en liggaamgesentreer-tetragonaal. Die kristalle vertoon ook 'n tekort aan swawel. (PtS1-x). [3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.