Die Afrikasivet (Civettictis civetta) is 'n lid van die familie Viverridae en die subfamilie Viverrinae. Die soogdier kom in die noorde van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die noorde van Botswana voor. Die dier staan ook bekend as die sivetkat.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Afrikasivet
Thumb
Die Afrikasivet, Civettictis civetta
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Suborde: Feliformia
Familie: Viverridae
Genus: Civettictis
Spesie:
C. civetta
Binomiale naam
Civettictis civetta
(Schreber, 1776)
Subspesies
C.c.civetta
C.c.australis
C.c.congica
C.c.pauli
C.c.schwarzi
C.c.volkmanni
Thumb
Verspreiding
Sluit

Identifikasie

Thumb
Die Afrikasivet

Die dier is gryswit met dowwe kolle op die voorkwarte en reëlmatige swart kolle wat op die agterkante oorgaan in strepe. Daar is 'n streep wat al op die rug langs loop en tussen die ore begin. Die bene is swart en die stert is wollerig en gering met 'n swart punt. Die ore is gerond met wit punte. Sy totale lengte is 120-140 cm en die stert is 40-50 cm lank. Sy skouerhoogte is 40 cm en sy massa is 9-15 kg.

Habitat en gewoontes

Hulle verkies bosveld met ruigtes en genoeg onderbos, verkieslik in 'n waterryke omgewing. Die diertjie is naglewend en sku. Hulle is op hul aktiefste vroeg in die aand en net voor sonop. Hulle leef gewoonlik alleen. Hulle eet insekte, muise, wilde vrugte, reptiele, paddas en voëls. Hulle natuurlike vyande is die leeu, luiperd en luislang. Een tot vier kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Desember gebore.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Afrikasivet

Verwysings

Bron

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.