From Wikipedia, the free encyclopedia
Die City of London Corporation, amptelik en wetlik die Mayor and Commonalty and Citizens of the City of London, is die munisipale regeringsliggaam wat die City of London administreer - die historiese middestad van Londen waar tans 'n groot deel van die Verenigde Koninkryk se finansiële sektor saamgetrek is.
Mayor and Commonalty and Citizens of the City of London
City of London Corporation
Wapen van die City of London
Wapen van die
City of London Corporation
Kenteken van die
City of London Corporation
Guildhall, City of London,
setel van die City of London Corporation
Om verwarring met die strategiese bestuursliggaam vir Groter Londen, die Greater London Authority (GLA), te voorkom, is die korporasie se vroeëre naam (Corporation of London) in 2006 gewysig. Die City of London Corporation maak daarop aanspraak dat dit die oudste verkose plaaslike regering ter wêreld is. Sy historiese wortels strek terug tot die 12de eeu toe Londen se belangrikheid as handelsentrum vir Engeland so groot was dat die Kroon aan Londenaars hul eie plaaslike regering toegestaan het.
Vandag het sowel bewoners van die City of London of Square Mile, soos dit dikwels genoem word, asook ondernemings stemreg in plaaslike verkiesings. Naas sy funksies as plaaslike regeringsliggaam, wat min of meer met dié van ander administratiewe stadsdistrikte in Groter Londen, die Boroughs, ooreenkom, sien die City of London Corporation ook na die belange van die finansiële bedryf om. Sy jaarliks verkose hoof, die Lord Mayor, tree as internasionale ambassadeur vir dié bedryf en as leier van afvaardigings van Britse sakelui in die buiteland op.[1] Dié amp word sedert 9 November 2019 beklee deur William Russell.
Die korporasie se Latynse leuse is Domine Dirige Nos ("Lei U ons, o Heer!"). Sy bates is in 2012 op £1,3 miljard beraam.[2] Die City of London se Liberties and Customs word gewaarborg in klousule 9 van die Magna Carta van 1297. Interessant genoeg moet die Britse monarg formeel die Lord Mayor se toestemming vra voordat hy of sy die City mag betree. Toegang word steeds verleen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.