From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Citroën DS4 is die tweede model in die nuwe premie (luukse voertuig) DS submerk geskep deur Citroën om saam met sy hoofstroommotors bemark te word. Dit is amptelik in 2011 internasionaal bekendgestel, maar was reeds te koop in sommige lande teen laat 2010.[1] Dit is gebaseer op die Citroën C4 II, met verhoogde suspensie om soos 'n kompakte SNV te lyk en verskuilde deurhandvatsels om 'n koepee-agtige silhoeët te gee. Die agterste vensters is geslote, en gly nie oop of na buite nie.[2]
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | DS 4 |
Produksie | 2010-huidig |
Montering | Mulhouse, Frankryk (PSA Mulhouse aanleg) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte motor |
Bakstyl | 5-deurluikrug 5-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | PSA PF2 |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.6 L I4 VTi 1.6 L I4 THP 1.6 L I4 HDI and e-HDI 2.0 L I4 HDi |
Ratkas | 5- of 6-gang handrat 6-gang outomaties |
Lengte | 4275 mm |
Breedte | 1810 mm |
Hoogte | 1523 mm |
Massa | 1360–1496 kg |
Asafstand | 2612 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Citroën C4 Coupé |
Die petrolenjins wat die DS4 aandryf, is die produk van 'n samewerking tussen PSA en BMW. Almal is 1598 cc-viersilinder 16-klepeenhede. Die basis VTi 120-kragbron is 'n nie-turboenjin en lewer 88 kW. Soos sy naam impliseer dit kom met veranderlike kleptydreëling. Die volgende enjin is die THP 155, in wese 'n turbo-aangejaagde weergawe van die VTi-kragbron. Dit lewer 115 kW te danke aan 'n tweeling-veeg turbo en dubbele bonokaste. Dit is gekoppel aan 'n 6-ganghandratkas. Die kragtigste petrolenjin is beskikbaar in die DS4 as die THP 200.
Citroen bied twee dieselenjins in die DS4 – die HDi 110, 'n 1560 cc-viersilinder wat 82 kW lewer. Die tweede is die viersilinder HDi 160 wat ook in die Citroën C5 sedan diens doen. Dit het 'n verplasing van 1997 cc en lewer 120 kW.
Die DS4 is beskikbaar met stop-aansittegnologie en Citroën sê dat die battery geskik is om tot 600 000 aansitsiklusse te weerstaan. Die kattebak se grootte is 385 L en 1021 L met die agterste sitplek platgevou op alle modelle.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.