Christo Compion was ’n Suid-Afrikaanse toneelspeler en draaiboekskrywer. Hy het drama aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en daarna vir die destydse Swaruk (Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste) en Sukovs (Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat) gewerk, onder meer as verhoogbestuurder vir Cobus Rossouw en Sandra Kotzé.
Christo Compion | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Verhoogakteur, draaiboekskrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy het in verhoogproduksies soos Die Goue Kring (1976), Die Goeie Mens van Sezuan (1976) en die Twaalfde Nag (1984) gespeel. In Harold en Maude (1986), wat onder regie van Hannes Horne in Windhoek en verskeie sentra in Suid-Afrika aangebied is, het hy meegespeel om die tagtigste verjaardag van Anna Neethling-Pohl te herdenk. In 1990 is hy as voltydse akteur by Sukovs aangestel, waar hy uitgeblink het as Claire in Jean Genet se Diensmeisies (1991; verwerk deur Wim Vorster) en in die titelrol van Reza de Wet se Nag, Generaal (1991) onder spelleiding van Ernst Eloff.[1]
Hy het ook die draaiboeke van Susanna van Biljon en Egoli: Afrikaners is plesierig geskryf.[2]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.